Internasionale erkenning vir KANSA se Geen-tabak-veldtog
|
| Contact Details |
| Name : Lucy balona |
| Company : CANSA |
| Phone :082 459 5230 |
| Email : lbalona@cansa.org.za |
| URL : www.cansa.org.za |
Die Kankervereniging van Suid-Afrika (KANSA) het onlangs die 2009-Węreld-Geen-Tabak-Dag-Prestasietoekenning ontvang. Dis oorhandig aan KANSA se Hoof- Uitvoerende Beampte, Sue Janse van Rensburg, deur dr Stella Anyangwe verteenwoordiger van die Węreld-Gesondheidsorganisasie (WGO) in Suid- Afrika, by 'n simposium oor Omgewings- karsinogene in Pretoria tydens die Węreld-Kankerdag op 4 Februarie 2010.
Die toekenning was ter erkenning van KANSA se prestasies in die geveg teen tabakgebruik in Suid-Afrika. Die WGO wys elke jaar wenners aan (individue of organisasies) op die gebied van tabakkontrole in elk van die ses WGO-streke. Hierdie erkenning is in die vorm van Spesiale Direkteur-Generaal- en Węreld-Geen-Tabak-toekennings.
“Tabak is die vernaamste voorkombare doodsoorsaak en die enigste produk wat doodmaak as dit gebruik word net soos die vervaardiger dit aanbeveel," het dr Anyangwe gesę. "Meer as vyfmiljoen mense sterf jaarliks in die węreld weens tabak – meer as aan MIV/VIGS, malaria en tuberkulose saam. Tensy dringende stappe gedoen word, sal die jaarlikse węreldwye sterftes meer as agtmiljoen beloop teen die jaar 2030 – en meer as 80% daarvan in ontwikkelende lande. Ongeveer die helfte van alle rokers sal sterf weens 'n tabak-verwante siekte.”
Sue Janse van Rensburg het hierby aangesluit: “Navorsing toon dat tot 90% verskillende kankers deur omgewingsfaktore veroorsaak word, waarvan die rook van tabak die hoogste voorkoms het. Meer as 44 000 Suid-Afrikaners sterf jaarliks aan tabakverwante siektes en baie meer word siek as gevolg van die gebruik van tabakprodukte en die inasem van indirekte rook. Tabakrook is die hoofoorsaak van kanker. Die goeie nuus is dat die meeste van daardie verwagte sterfgevalle voorkom kan word as die rook betyds gestaak word".
Oor KANSA KANSA se doelstelling is om as leier op te tree in die geveg teen kanker in Suid-Afrika en wel deur 'n unieke en geďntegreerde diens te bied aan die publiek en aan al die mense wat deur kanker geraak word. KANSA is 'n voorste betrokkene in kankernavorsing waaraan R4,5 miljoen jaarliks bestee word. Die wetenskaplike bevindings en kennis wat deur hierdie navorsing verkry word, word gebruik om KANSA se gesondheidsprogramme te rig en sy waghondrol tot groter voordeel van die publiek aan te wend. KANSA het dwarsoor Suid-Afrika meer as 330 personeellede, 12 000 vrywilligers, 51 kantore en 11 tussentuistes.
Meer foto's hier: https://www.givengain.com/cgi-bin/giga.cgi?cmd=cause_dir_news_item&news_id=83183&cause_id=1056
(Kontak Lucy Balona, Hoof: Bemarking en Kommunikasie vir meer inligting. E-pos haar by lbalona@cansa.org.za of skakel 011 616 7662 of 082 459 5230.)
EINDE
|
|
|
|
|